50ste Oscar-toekenningsaand

  50ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 3 April 1978
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Annie Hall
Meeste pryse  Star Wars Episode IV: A New Hope (7)
Meeste benoemings  Julia en The Turning Point (11 elk)

Die 50ste Oscar-toekenningsaand is op 3 April 1978 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1977. Bob Hope was vir die 18de en laaste keer die aanbieder.

Twee van die jaar se grootste wenners was Star Wars Episode IV: A New Hope, wat veral in die tegniese kategorieë uitgeblink het, en Annie Hall, wat vier van sy vyf benoemings gewen het, onder meer beste rolprent, aktrise en regisseur. Die seremonie word ook onthou vir die politiek gelaaide toespraak van Vanessa Redgrave.

The Turning Point het ’n nuwe rekord opgestel vir die prent met die meeste benoemings wat nie een Oscar gewen het nie met 11 benoemings. Die vorige rekord is gehou deur Peyton Place en The Little Foxes, elk met 9 benoemings. Nog net The Color Purple kon dit sedertdien ewenaar.

Annie Hall was die laaste beste prent wat net vyf benoemings gekry het tot The Departed 29 jaar later in 2006.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search